NovelToon NovelToon

Pragtige Dame

ons sal maar sien

Gewoonlik wanneer 'n mens 'n dogtertjie sien groot raak voor jou voorspel mens voor die tyd watter soort mensie sy gaan word.

Diena was 'n bietjie te gretig om ooglopend te wees, jy hoef nie twee keer in haar oë te kyk sodat sy jou moet vertel presies wat sy van jou dink nie.

Dis beslis wat hierdie klein dame gebeur het, nou wie weet of dit bygedra het tot hoe sy haarself dra, want sy was maar 'n sensitiewe enetjie, daai vroutjie.

Ek hou nou nie van koerant speel nie, maar met Diena wat oorlede is, is ek maar eensaam en hierdie gebeurtenis vreet nogals aan my.

Wel nou, kom ek vertel jou waar dit alles begin het.

_

Dit was 'n bedompige dag gewees daai dag. Ek onthou nog, die vroutjie was al klaar 'n grootvrou omtrent so 26 se kant. Nog nie met 'n kind nie wat 'n bietjie uit die aard uit is siene dat elke klein merrie hier rond kind kry, maar nou ja, sy het hom tradisioneel gedoen, skool gegaan, gaan trou, gaan werk. Haar mannetjie, hy is nou nie 'n knaap wat weet hoe om aan te trek nie, sy goed is altyd so knap, maar hy was gaaf.. Op sy manier.

Die twee het weggetrek na die troue vir so 'n paar maande, maar die mannetjie se werk het hom terug hiernatoe geskuif of so iets vir een of ander projek.

Wel, haar pa was in die wolke omdat sy dogter weer in sy midde is, nie dat die twee regtig oor die weg gekom het nie. Sy het maar suur getrek na 'n hele familie geheim wat die hele straat vol tonge gehad het.

Die dametjie was bekwame wanneer dit kom by werksdinge en selfs dinge in en om die huis. Jy kon nou nie van haar vloer af eet nie, maar jy kon kaalvoet daaroor loop. Sy kon die huis opknap wanneer daar iets fout is, wat eers nie snaaks was nie, omdat ons weet hoeveel tyd sy spandeer het deur haar pa dop te hou, maar dit was soveel meer as net dit.

Die mannetjie van haar was nie so betroubaar soos wat sy of een van ons gedink het nie. Hy was omtrent die jan-vir-alle-mans. Nie romp gejaag nie, maar gedra wanneer niemand kyk nie.

In hierdie buurt word sulke dinge baie vinnig uitgevind, maar hy was glibberig deur gebruik te maak van die feit dat hy ons nie hoef te leer ken nie.

Dis nie al wat die mannetjie gedoen het nie. Hy het nie net homself mooi gemaak nie, hy het ook met sy mansvriende as hulle dit kan noem gespeel soos 'n vrou met haar man neerlê.

Haar vriendin wat sy van die werk ken het haar glo gewaarsku voor hulle so trou, maar die vriendinetjie het gesterf in 'n fratsongeluk oppad werk toe een oggend. Dit was 'n lelike ongeluk, daar was minstens 8 kinders en twee bestuurders dood en die twee voertuie was opgevrommel met die botsing.

Eers het sy gedink haar vriendin maak 'n grap en met daai slymerige glimlag het haar ook oorreed dat dit die geval is. Dit is eintlik iets om van siek te word hoe hierdie man hom so kan gedra. Hy kom mors hier met onse klein trotse vroutjie so.

Hy het nie net karvoefel met mans nie, hy het dit op die webwerfe gesit vir elke jan raap en sy maat om te sien. Dit steek die Here net so met 'n spies deur die hart. Al hierdie sou sekerlik nie uitgekom het as dit was vir een van die slaagoffers wat ontsnap het nie.

Ja, jy't reg gehoor. Ontsnap. Uit die duiwel se kloue, wanr geen normale gesonde man kan so tekere gaan nie. Die slaagoffer was nog 'n skoollopende seuntjie ook nog. Hy het net-net begin skool gaan met die grootkinders en hier word hy betrek met sulke siek mense.

Dit is genoeg om enige vrou naar te maak en te wil skei, maar onse ou vroutjie het dit nie so maklik gehad nie, want toe almal uitvind van sy hele geheime stokperdjies het hy selfmoord gepleeg en dit laat lyk sy het hom vermoor met valse bewyse wat enige iemand kan flous met net een kyk.

Maar ei ja kind dit raak nou bietjie laat. Keur maar eers huiswaarts, ek sal vir jou môre verder vertel.

Download NovelToon APP on App Store and Google Play

novel PDF download
NovelToon
Step Into A Different WORLD!
Download NovelToon APP on App Store and Google Play